Almal Verstaan Geografie Graad 11 Leerdersboek

Almal Verstaan Geografie Graad 11 Leerdersboek
Long Description

Die Almal verstaan Geografie Leerderboek is ontwerp om die inhoud (kennis, onsepte en vaardighede) wat in die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Geografie georganiseer is, te ondersteun.

Die Almal verstaan Geografie Leerderboek is so ontwerp om die onderrig- en leerervaring in die geografie-klaskamer te ondersteun deur inhoud op ’n verskeidenheid maniere aan te bied wat toeganklik tot leerders is. Leerders sal in elke onderwerp:

• Vasstel wat hulle reeds van ’n onderwerp weet
• Nuwe feite oor ’n onderwerp leer
• Die nuwe kennis, konsepte en vaardighede wat hulle in die les aangeleer het, oefen deur dit te gebruik
• Geografiese vaardighede en tegnieke op ’n betekenisvolle manier integreer.

Die volgende word verder ook aan leerders voorsien:

• ’n Handige verwysingsafdeling wat die teoretiese agtergrond en stap vir- stap verduidelikings vir geografiese vaardighede en tegnieke dek wat in die werk vir elke kwartaal geïntegreer word
• Addisionele huiswerkaktiwiteite
• Ekstra oefenaktiwiteite wat beide remediële en verrykingsaktiwiteite insluit
• Interessante gevallestudies en artikels
• ’n Opsomming van elke onderwerp.

Die Almal verstaan Geografie Leerderboek word deur die Almal verstaan Geografie Onderwysersgids ondersteun. Hierdie kursus voorsien alles wat die onderwyser en die leerder benodig om Geografie in Graad 11 te bemeester: ’n volledige oplossing vir die klaskamer.

Language
Afrikaans
Publisher
Macmillan South Africa (Pty) Ltd
ISBN
9781431010264
Pricing
R172.95